Tuesday 15 January 2013

Begin jou eie groentetuin!


Tuinmaak doen mens se siel goed. Daar is werklik niks so goed vir die siel as om met jou vingers in die grond te woel en daar is niks so belowend soos 'n plantjie wat uitspruit uit 'n piepklein saadjie nie. Twee goeie redes vir die begin van jou eie groentetuin, maar daar is selfs meer redes.

'n Groentetuin is ekonomies en ook baie gesond & lekker veral as jy jou groente organies kweek. Met 'n groentetuin sal jy altyd vars groentes op tafel he en jy hoef geen petrol in die lug in te stoot deur al jou kar ritte groentewinkel toe nie. Daarby sit jy ook nie opgeskeep met 'n hoop verpakkingsmateriaal waarvoor ons hedendaagse verbruikers wereld so bekend voor is nie. Dit is dus baie goed vir jou omgewing ook!
Begin eenvoudig; kies net 'n paar basiese maklik groeiende produkte om te plant, gee dit genoeg water en baie liefde en as jy jou oe uitvee dan dra jou arbeid vrug.

'n Groentetuin kan nie verkeerd gaan nie en dit is amper 'flop-proof'. Hier volg 10 maklike stappe vir die maak van jou eie groentetuin:


  • Stap 1: Baken 'n area af in jou tuin waar jy jou groentetuin wil begin of koop potte aan vir jou groentetuin in 'n pot.
  • Stap 2: Spit die area goed om en bewerk met kompos.
  • Stap 3: Maak beddings en rye waarin jy jou groentes kan plant.
  • Stap 4: Le jou besproeing aan.
  • Stap 5: Sit 'n heining om jou groentetuin om die honde uit te hou. As dit vir jou moontlik is, sit 'n 40% skadunet oor om die groentes teen die ergste hitte te beskerm.
  • Stap 6: Saai jou saadjies volgens sy saai seisoen. Besluit mooi oor wat jy waar wil saai, want sommige plante hou nie van mekaar nie. Meer hieroor onder Plantmaats - plante wat mekaar se groei bevorder.
  • Stap 7: Gooi 'mulching' of 'n deklaag oor jou gesaaide saadjies om uitdroging van die bogrond te verminder. Gee gereeld water en hou die area skoon van onkruid.

  • Stap 8: Bind rankplante aan die heining of aan stokke vas en bind gereeld op soos wat hulle groei.
  • Stap 9: Spuit jou groentes met 'n tuisgemaakte organiese sprei indien kewers, goggas en wurms die groentes ontdek het.
  • Stap 10: Oes en geniet van jou groentes. 

Groentes wat maklik groei: 
Wortels, murgpampoen, slaai, tamaties, boontjies, spinasie en beet.

Die beste tyd om 'n groentetuin te begin is in die lente of somer, maar dis nooit te laat vir 'n groentetuin nie. Mens kan dwarsdeur die jaar saai en oes en net jou kos aanpas by die groentes beskikbaar in jou groentuin.  is niks so verfrissend en helend as om met jou vingers in die modder rond te krap nie en daar is niks so belonende as om 'n plantjie te sien groei uit 'n piepklein saadjie nie.




2 comments:

  1. Hi Marjolein

    Wow, dit is impressive hoor.

    Geniet dit!

    Liza

    ReplyDelete
  2. Goeiedag. Hoe ver is die stut pale uit mekaar en hoe hoog moet die wees. Baie dankie. Joannie

    ReplyDelete