Friday 25 January 2013


Organiese spuitmiddel

Word jou groentes of kruie opgeëet deur goggas, wurms of ander vreemde vlieënde voorwerpe? Dan is dit tyd vir jou om 'n plan ta maak! Maar wag voor jy in jou kar klim en na die eerste beste winkel ry om plaagdoder gif te gaan kry. Enige plaagdoders wat nie organies is nie, is gif en dis sleg vir jou en sleg vir die omgewing, en daarby kos dit baie geld. Die regte oplossing vir jou probleem is om 'n natuurlike organiese spuit tuis te maak en met herhalende aanwending sal jou goggas soos mis voor die son verdwyn. 

Die volgende mengsel werk vir alles; goggas, spinnekop, wurms, meeldou ens.

Sny rofweg een hele knoffel (skil en al) is stukkies asook 4 uie. Gooi dit in 'n emmer saam met een eetlepel gedroogde of vars brandrissies. Gooi 3 liter kookwater daaroor, maak die emmer toe en laat dit staan vir 'n dag. Sif en hou die vloeistof. Gooi 2 eetlepels kook olie en 3 teelepels vloeibare Sunlight seep by en meng goed. Meng een koppie van die mengsel met 5 koppies water en sprei die plant een keer 'n week. Bere die mengsel in jou yskas, maar moenie dit langer as 2 weke hou nie, maak dan 'n nuwe mengsel.

Afhangende van hoeveel plante jy wil spuit, sal jy dalk die resep moet verdubbel of halveer.

Spuit die mengsel alleenlik oor jou geïnfekteerde plante teen laatmiddag, net voor die son sak.

No comments:

Post a Comment